 |
|
- By Wilgewandel Vakansieplaas is daar ‘n verskeidenheid pret aktiwiteite vir jonk en oud teen bekostigbare pryse.
- Ons maak voorsiening vir kinderpartytjies, spesiale funksies en skoolgroepe. Ons het ook spesiale pakkette vir skoolgroepe van meer as 20 persone.
- Kameel ritte: Ons het sewe vriendelike drommedaris kamele. Hulle name is: Abraham, Joshua, Moses, Vossie, Josef, Tabo, Nelson.
- 18 Gaatjies Ghwarra-Ghwarra Golf: Mini golf vir oud en jonk. (putt-putt).
- Donkiekarrite: Hier kan die gaste ‘n rit op die donkie kar neem.
- ‘Foefie slide’: 100 meter lank en 6 meter hoog oor die plaas dam.
- Plaas atmosfeer: Vind stilte en rus aan die voet van die Swartberge.
- Plaas diere om te voer: Hier kan die gaste diere voer, soos bevoorbeeld: Ganse, volstruise, boer bokke, varke, hasies, poue, alpaca’s, skape en donkies.
- Trapkarre
- Roeibote
- Wipmatte: Hier kan die kinders lekker spring en van hulle oortollige energie ontslae raak.
- ‘Quadbuggies’: ‘n Spesiale baan, wat baie veilig gekontroleer word. Slegs in vakansies beskikbaar.
- Pret Hindernisbaan: ‘n baan met baie hindernisse, toue en mure om oor te klim, moddertonnels en ander hindernisse wat baie veilig is.
|
 |
Toegang by Wilgewandel Vakansieplaas is gratis. Pryse vanaf Desember 2011.
- Bergfietsroete: Bergfietsroete is gratis, bring net u eie fiets.
- Kameelritte- Volwassenes (kinders bo 13 jaar) - R40.00 per persoon
kinders (3-12 jaar) – R25.00 per persoon
- ‘Foefie- slide’ - R10.00 per persoon
- Trapkarre - R10.00 per persoon (twee rondte)
- Roeibote - R10.00 per persoon (5 minute)
- Donkiekarritte - R5.00 per persoon
- Wipmatte - R5.00 per persoon
- Voer van Plaasdiere - R5.00 per emmertjie kos
- 18 Gate Ghwarra- Ghwarra Golf golf - R5.00 per persoon (R5.00 deposito)
- ‘Quadbuggies’/ Pypkarre - R20.00 vir een rondte (600 meter) op . & R50.00 vir drie rondtes.
|
 |
Wilgewandel Vakansieplaas besoek, is daar ‘n groot verskeidenheid ander toeriste attraksies net ‘n klipgooi vanaf Wilgewandel Vakansieplaas.
Die Kango Grotte, wêreldbekend en net 2km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas. (Die grootste skougrot in Afrika).
Swartbergpas, 10 km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas op die (R328) beloof ‘n asemrowende uitsig oor die Swartberge en die Klein Karoo met sy pragtige natuurtonele.
Gamkaskloof, beter bekend as die ‘Die Hel’, ongeveer twee en ‘n half uur se ry vanaf Wilgewandel Vakansieplaas op die pad na Prins Albert, bied aan die besoeker die Karoo se ongerepte natuurskoon in ‘n weggesteekte vallei vol geheime.
Prins Albert, een en ‘n half uur se ry vanaf Wilgewandel Vakansieplaas, geleë aan die voet van die majestieuse Swartberge; met sy witgekalkte gewelhuisies bied ‘n rustige atmosfeer wat lafenis sal wees vir menige siel. (R328 roete oor die Swartbergpas).
Rust en Vrede Waterval, 17km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas oppad na Oudtshoorn (R328 roete). Soos die naam tereg sê, gaan vind rust en vrede in die allermooiste natuurskoon.
Kango Volstruisplaas, 10 km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas oppad na Oudtshoorn (R328), bied volstruistoere en ritte.
Cango Wildlife Ranch, 25 km vanaf Oudtshoorn (R328) roete) bied die geleentheid om bedreigde diere soos die wit Bengaalse tier asook die bekende cheetah te streel en selfs ‘n avontuurlike duik met n krokodil mee te maak.(die enigste krokodilduik in die wêreld).
Buffelsdrift Game Lodge, 20km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas, beloof ‘n wildelewe ervaring in die hart van die Klein Karoo waar jy selfs olifante kan voer.
Meerkatman: 40km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas; die meerkatman ontrafel die geheime van die diereryk se kleinwonder, die meerkat.( Naby Safari Volstruisskouplaas).
CP Nel Museum, 27km vanaf Wilgewandel Vakansieplaas in die middedorp van Oudtshoorn, die museum neem jou op ‘n historiese reis deur die verlede van Oudtshoorn se Volstruisbloeitydperk in die laat 19de eeu.
So, kom en besoek Wilgewandel Vakansieplaas en ontdek en ontrafel die Klein Karoo se vele wonders en geheime. |
|
 |
|
|
|