Buitelug Opvoedings Program vir Skole
('n Visie)
"Hy wat bewus is van die verlede sal weet hoe om te leef in die toekoms"
- Petrus J.S. Vermaak"
Wilgewandel Vankansieplaas skep deur middel van die Pioniers en Spanbouprogram die regte fondasie vir ons jeug. 'n Groep van goed opgeleide fasiliteerders sal die leerders motiveer deur die aktiwiteite om sodoende hul selfvertroue te verbeter. Die uiteindlike doel van die program is om d.m.v. Kulturele en historiese erfenis ("loop in die voetspore van jul voorvaders") die leiers van die toekoms te help kweek.
Suid-Afrika ondervind huidiglik onseker tye. Sosio-ekonomiese probleme soos werkloosheid en armmoede is besig om die jong demokrasie op wankelrige bene te laat staan. Met in ag genome die misdaad en geweld is ons land, skep dit nie 'n rooslkeurige prentjie vir ons land se toekoms nie.
Maar, deur die bekende woorde van Mohattma Gandi - "Wees die verskil wat jy wil sien in die wêreld" kan ons nog steeds saam uitsien na 'n beter hoopvolle toekoms. Ons kan egter 'n beter en hoopvolle fondasie lê in ons land se jeug, want hulle is die leiers van die toekoms wat die verskil moet wees.
|