Wilgewandel Vakansie plaas is geleë 25km buite Oudtshoorn, 2km voor die wêreld bekende Kango Grotte op die R328.
Wilgewandel Vakansieplaas is bekend vir sy unieke aktiwiteite wat insluit kameelritte, 'n foefieslide en nog vele meer.
Die restaurant is ook wyd bekend vir sy tuisgemaakte maaltye en vars gebak.

Wilgewandel Vakansie plaas kan u die volgende bied:
AKKOMMODASIE  |
(3 ster selfsorg of Bed en ontbyt is beskikbaar)
Wilgewandel se akkommodasie bestaan uit die volgende: |
| ~ |
3 x dubbelbed kamers met eie kombuis, en-suite stortbadkamer. |
| ~ |
2 x Familie kamers elk met 4 enkelbeddens, kombuis, en-suite stortbadkamer, asook sitkamer. |
Kliek vir meer inligting oor akkommodasie >

|


DIE RESTAURANT BY WILGEWANDEL
Ons restaurant is oop vanaf 08h30 tot 17h00 elke dag, 7 dae 'n week.
Ons restaurant is gelisensieerd endie a la carte spyskaart beskik oor 'n wye keuse van maaltye vir oud en jonk.
Die restaurant is ook wel bekend onder die plaaslike besoekers vir sy billike tuisgemaakte etes.
Vir groep etes met spesiale pryse, kliek hier.
Vir verdere inligting oor ons a la carte spyskaart kliek hier.

SCHOOL / GROUP VISITS
Wilgewandel bied verskillende aktiwiteite/programme aan vir skool en kerk groepe. Die aktiwiteite bestaan uit 'n pioneers/leierskap program, hindernis baan, biodiversiteit/bewaring opleiding en lewensorienteering. Wilgewandel kan ook korporatiewe spanbou programme aanbied.
Vir meer inligting oor skole, kerk groepe asook korporatiewe spanbou >.

KINDER PARTYTJIES
Wilgewandel is ideal vir kinderpartytjies. Ons verskaf verskillende programme vir verskillende ouderdom kinders.
Vir meer inligting op kinderpartytjies, kliek hier > |